Gorilla van New York is dood


’n Gorilla met die vreemde naam van Pattycake, ’n besonder sagmoedige gorilla, is dood. Die dier wat 40 jaar gelede in New York se Central Park-dieretuin gebore is, se dood is deur stads¬amptenare bekend gemaak.

Volgens die Wildlife Conservation Society was Pattycake die eerste gorilla wat langer as die gemiddelde lewensduur van 37 jaar vir gorillas in aanhouding is.

Sy is die nasaat van Kongo en Lulu wat alom bekend was in die VSA se kringe van diereliefhebbers.

Sy het die publiek se aandag reeds vroeg op haar gevestig toe sy haar arm op vyf maande gebreek het.