Gewone Artisjoke of ook genoem “Globe Artichokes”


Bogenoemde is mos die soort artisjokke wat ons ken. Het u geweet dat die artisjokke ’n ligte pers poeierkwasblom maak op die bopunt van die eetbare artisjokblom. Die artisjokblom word baie grof en is nie meer eintlik eetbaar voordat die poeierkwasblom verskyn nie. Hierdie poeierkwasblom word nie geëet nie. Hierdie artisjokke is nie verwant aan die Jerusalem Artisjokke nie.

Artisjokke word van 1,4 – 2 meter hoog met silwerige groen blare. Die eetbare blom word 8 – 15 cm groot. Dit het ’n delikate geur en is ’n goeie bron van minerale soos jodium en yster. Artisjokke bederf maklik nadat hulle gepluk is. Dit word ook afgesny voordat die blomme oopgaan, wanneer die buitekantste blare net halfpad oopgevou is. As hulle egter te jonk afgepluk word, is hul smakeloos.

In die Mediterreense gebiede en in Noord-Afrika groei hul nog wild. Die Grieke eet die blare en die blomkoppe. Hierdie “globe artisjokke” is geplant in Napels in die 9de eeu. Artisjokke groei van saad of deur verdeling van die plant. Daar is variëteite wat net elke 2de jaar blom wat dan geoes kan word vir eet. Hulle is gewoonlik geharde plante en kan die winterweer goed weerstaan. Hulle wil baie water hê en ook voedsel. Elke plant leef net vir ’n paar jaar dan moet hul uitgehaal word. Oestyd vir artisjokke is in die lente maar kan tot vêr in die somer nog eetbare blomme dra. Die blomme word afgesny en ’n stammetjie van 10cm word gelos.

Wanneer hulle gekook gaan word, sny die heel boonste koppies af. Hulle word gewoonweg net goed afgewas en dan gekook met soutwater. Daar is lande soos Italië wat die hartjies van die artisjokke in olie preserveer en dan later geëet. Sommige mense braai hulle ook in diepolie. Daar word ook alkohol drankies van artisjokke gemaak. Dit het ’n bitter houterige smaak.

In ons gewone boere resepteboeke word hulle egter net in soutwater gekook tot sag en dan opgedien met gesmelte botter of witsous of hollandaise-sous.

Indien u artisjokke kan vind, kook en geniet dit!