Geweld by Boston-maraton eis lewens


Boston, VSA – ’n Geweldige slag is gehoor toe ’n bom ontplof tydens die Boston maraton naby die Copley-plein stadion. Die ontploffing het sowat 20 meter van die eindstreep plaasgevind. Enkele sekondes later het ’n tweede bom ontplof.

Twee Suid-Afrikaners is in die voorval ernstig beseer.

Een persoon het vertel dat hy ’n deel van iemand se been sien vlieg deur die lug.

Drie mense, een daarvan ’n tienjarige seun is dood en meer as 100 mense is in hospitale opgeneem en behandel.

’n Woordvoerder het berigte ontken dat ’n verdagte bomplanter geïdentifiseer is.

Die Boston-polisie het bevestig dat hulle nog vier ploftoestelle gevind het en dit onskadelik gestel het.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet René Kalmer, het gesê dit was verskriklik.

’n Geskokte Kalmer het gesê sy en ’n vriend, André van Wyk, het in ’n restaurant naby die toneel geëet toe hulle die twee ontploffings gehoor het.