Enigste oorlewende van Steenkamp gesin erf miljoene


Don Steenkamp, die enigste oorlewende van die vermoorde Steenkamp familie, is ook die enigste erfgenaam van sy ouers se bates.

Die gesin is glo deur ’n minderjarige vermoor.

Die boedel is R23 miljoen werd. Die seun erf ook sy ouers se vuurwapens waarmee hulle vermoor is.

Deon en Christel Steenkamp het ’n gesamentlike testament gehad.

Die boedel se totale laste is slegs sowat R621,000.

Versekering het R6,7 miljoen kontant opgelewer. Nadat alle kostes betaal is soos boedelbelasting, admin koste en ander moontlike laste, sal ’n kontant bedrag van sowat R2,3 miljoen beskikbaar wees. Die vaste eiendom en ander bates word op sowat R16 miljoen gereken.