Ekwador wil ‘n derde van sy reënwoud aan China te verkoop.


Ekwador beplan om meer as drie miljoen hektaar van sy ongerepte Amazone reënwoud aan Chinese oliemaatskappye te verkoop. Hierdie stap het nie net die huidige bewoners van die streek woedend nie, maar onderstreep ook die globale omgewingsvernietiging waartoe China sal gaan in sy onversadigbare dors na energiebronne.

Maandagoggend het ‘n groep politici van Ekwador in ‘n Hiltonhotel in Beijing kontrakte aan Chinese oliemaatskappy aangebied waarin hulle uitgenooi is om vir die grond te bie.

Vorige vergaderings in Ekwador se hoofstad, Quito en in Houston en Parys is elke keer deur proteste ontwrig. Die inwoners van die gebied sê dat hulle hoegenaamd nie in die besluit van die politici geken is nie en dat die verkoop van die grond hulle lewenswyse sal vernietig.

Kritici sê dat hierdie stap deel daarvan is om Ekwador se skuld te probeer delg. Ekwador skuld China meer as $7 biljoen. China het in 2009 biljoene dollars aan Ekwador geleen in ruil vir verskeping van olie. Meer onlangs het China hulp verleen in die oprigting van twee van die grootste hidro-elektriese infra-struktuur projekte. Ekwador beplan ook om ‘n olieraffineerdery van $12.5 biljoen met behulp van Chinese finansiering op te rig.