Ek sien dit so!


Ou Neelsie was nog nooit een om te glo in massa breinspoeling soos sommige buitensporige rolprente dit uitbeeld nie. Maar as wat tans in Suid-Afrika aan die gang is as maatstaf sou dien vir so moontlikheid, was die wetenskapfiksie films dalk nie so verregaande nie.

Hoe anders verklaar mens dat ‘n sekere ras geteiken word deur barbare wie se enigste doel die vernietiging van hul prooi is, en dat daardie prooi rustig en sonder enige kwale aangaan asof niks fout is nie, asof hulle dalk nie volgende is nie? Wat kan die rede vir hierdie absolute blindheid wees? Miskien het die tyd aangebreek dat ons besef dat die vyand wat jou met barbaarsheid aanval swart is en die Afrikaner wat jou sy vriend noem besig is om jou te breinspoel ter voorbereiding van jou wreedaardige dood. Is Neelsie kras? Ek hoop so! Miskien sal diegene wat nie wil hoor of sien nie, gedwing word om vir eens en vir altyd te luister.

Jy met jou ligte vel, mooi motor, praghuis, BBP Loftus kaartjies, nog ‘n mooi motor, dalk ‘n strandhuis. Jy met jou aanpasbare persoonlikheid wat Versoeningsdag eerder as Geloftedag vier omdat “almal” dit so vier, wat 27 April as ‘n dag van Vryheid vier, wat redeneer dat daar geen volksmoord aan die gang is nie. Dit is jy en julle met wie Neelsie hierdie week praat. Dus praat ek seker met myself aangesien Die Vryburger se lesers ingeligte, intelligente mense is. Jy wat jou volk, gesin en vriende versaak sal seker veel eerder die snert wat Naspers aan jou opdis verslind om jou gewete te sus met valse hoop van ‘n “reënboognasie”.

Neelsie het ‘n baie goeie haarkapper, en hoewel sy hare stadig(er) groei met die tyd saam, maak hy tog ‘n punt daarvan om die gawe haarkapper se liberale kliënte te gaan irriteer met sy volksmoord praatjies. Wanneer ek betaal vir ‘n haarsny, behoort daardie stoel aan my vir tien minute. Dit is my verhoog, en die liberaliste wat sit en wag vir hul beurt op die verhoog moet sit en luister hoe sleg dit in die Ruwe SA gaan. Dis die minste wat ek kan doen! Hulle is gebreinspoel, en nou poog ek om hulle weer reg te breinspoel.

Sluk jou trots, erken jy was verkeerd, en steun die verkose Boere-Afrikanervolksraad. Een van hierdie mooi dae gaan jy met ‘n skok agterkom dat meeste van die wesens met wie jy so graag wil versoen en wie jy so graag wil soen, ‘n diep haat vir jou het. ‘n Haat wat duidelik uitslaan in gevalle waar blankes deur jou maatjies verslind word.
My afsluiting is heel eenvoudig, skrik wakker uit jou bedwelmde toestand, en doen tog net een keer iets produktiefs in jou lewe, raak deel van ‘n volk, jou volk, se oorlewenstryd.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie