Ek sien dit so!


Hierdie antwoord van ‘n goeie Boere-Afrikanervriend van Neelsie, moes geplaas word. Die vraag was waarheen sou jy trek as jy nou die land kan verlaat.

“As ek moet kies…ek bly hier. Die Kanadese met hul Franse maniertjies en geskiedkundige haat vir die Afrikaner staan my nie aan nie. Die Australiërs se alewige ge-matery sal my mal maak! Die Nieuseelanders met hul Maori’s wat nie te lank terug mensvreters was, hou ek liewer buite my gedagtes. Die Britte wat 34 000 van ons vroue en kinders in Helkampe vermoor het sal my ook nooit in hul Moslem-kolonie sien nie. Suidwes sou ‘n redelike keuse gewees het as dit nog Suidwes was, maar Afrika is ongelukkig in sy inboorlinge se bloed en dis net ‘n kwessie van tyd voor daardie bloed begin bruis en bloeddorstig word teenoor die handjievol blankes. Botswana is soos Suidwes, nie nou te sleg nie, maar dit vat net een diktator om als omver te werp. Die VSA met sy Keniaanse-Moslempresident staan op die rant van ‘n afgrond. Frankryk met sy algemeen bekende rasvermenging maak my effens naar. Switserland se koue sal my laat bibber en verbitter. Die gawe Duitsers met hul droë(indien enige)sin vir humor sal my te vinnig laat uitdroog. Dubai se streng wette word dalk per ongeluk op my toegepas so daar bly ek ook maar weg.

Indië met sy oorbevolking en swak sanitasie is erger as ons vuilste plakkerskampe. China stuur hul mense hierheen omdat hulle self nie te lekker bly daar nie, dus sal ek dom wees om daarheen te gaan. Die hele Midde-Ooste is ‘n kookpot wat wag om oor te kook, ek wil beslis nie daar naby wees wanneer dit gebeur nie. Brasilië met sy lekker straatpartytjies en sakkerollers is nie juis iets waarna ek streef nie. Rusland met sy ysige winters en vreemde taal sal my uit laat voel. Griekeland kan nie eers sy eie mense aan die lewe hou nie, dus sal ek ook daar omkom van die honger. Italië is hopeloos te naby aan die Pous vir my gemak. Die Poolse burgers stroom Engeland binne om daar leeg te lê, vanselfsprekend wil ek ook nie daar bly nie. As my vrou weier om met ‘n masker rond te loop sal die Turke seker ook nie te gasvry wees nie.

Die res van Afrika is een groot barbaarse gemors. Weereens, ek bly net hier, lyk my die hele wêreld is een groot deurmekaarspul. Hier ken ek my vyande, hier ken ek my gevegsterrein, hier ken ek die handjievol Bittereinders.”

Wel, ek kan nie anders as om met die man saam te stem nie. Hier het Neelsie eerste lig gesien, en hier sal Neelsie sy oë finaal sluit.

Boeregroete,
Kordaat Neelsie