Ek sien dit so!


Neelsie het iets op die hart; Neelsie het altyd iets op die hart maar hy verkies om dit nie alles op een slag neer te laat plons op die gawe lesers van Die Vryburger nie.

Hierdie week wil ek ‘n uiters gewigtige saak aanroer. Ons mense word uitgemoor! Die liberale media swyg soos die graf oor hierdie feit. Omdat die liberale media hieroor swyg, het elke regdenkende Boer, Boere-Afrikaner, Afrikaner of wat ookal u uself wil noem, ‘n belangrike besluit om te neem. Gaan u steeds u hardverdiende geldjies mors op koerante wat dit duidelik stel dat die volksmoord op u eie mense nie eers nuuswaardig genoeg is om hulle koerante te haal nie? Indien wel, wil ek graag bogenoemde vraag met die volgende vraag opvolg: Is u tevrede daarmee om mense en koerante gevoed te hou wat so min van u en u mense dink dat hulle weier om eens ‘n klein beriggie te plaas oor die ses moorde en sestien aanvalle op ons mense in ses dae?

Ons almal sondig, maar waaragtig! Om op ‘n Sondagoggend voor kerk ‘n pakkie sigarette te gaan koop is een ding, maar om een van die volkshatende Sondagkoerante te gaan koop maak my skuins beduiweld! Magies mense! Waar is julle trots? Waar is julle beginsels? Wat op dees aarde sal die aansporing daarvoor wees om geld te loop staan en weggooi op ‘n koerant wat jou, die koper daarvan, met ‘n passie haat?

Het die waarheid nog nie stil-stil nader gesluip en dalk begin deurdring dat ons mense geteiken word in ‘n grootse volksmoord nie? Die hartseerste is egter dat as die liberale media bekend maak dat ongeveer vyftig, ja VYFTIG blankes reeds deur blank-hatende barbare vermoor is in 2013, sal meeste lesers ‘n sug gee en reken dat ons moet harder werk aan nasiebou met die einste barbaarse wesens wat ons mense verniel en vermoor. Hierdie volk het so pateties geraak dat selfs die grootste pateet op aarde te skaam sal wees om vereenselwig te word met ons. Hoe pateties is dit nie! Ons vroue en kinders wat soos diere gedood is in die vervlakste Britse Helkampe, se dood word geminag deur ‘n spul ondankbare bedorwe brokkies wat die vermetelheid het om hulself die nageslag van die eens trotse Boerevolk te noem.

Ek skaam my nie vir die handjievol stryders wat reg en geregtigheid najaag nie…wag, ook nie vir die meerderheid skape wat alles gelate aanvaar nie, eersgenoemde is trots en opreg, laasgenoemde het myns insiens die reg verloor om hulself te wil prys deur aanspraak te maak daarop dat hulle voorouers gesterf het vir vryheid.
Voor u dus geld gee volgende Sondag aan diegene wat ons volk minag, gaan spandeer eerder daardie geld op ‘n pakkie sigarette. Op hierdie wyse is u dan darem eerlik en geensins skynheilig nie.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie