Ek sien dit so!


Wanneer sê ons iemand sterf en wanneer sê ons iemand vrek? ‘n Baie kras vraag hierdie, dit besef ek.

As mens mooi daaroor dink word daar nogal baie verwys na iemand wat vrek, of dit nou onsmaaklik is of nie. Miskien is dit ‘n menslike eienskap wat deurskemer. Indien ‘n persoon verafsku word vir sy of haar dade hoor ons dikwels dat so skepsel liewer moet vrek. Tog weet ons ook dat slegs diere vrek en mense sterf. Neelsie het dit toe op homself geneem om hierdie week die saak ter tafel te lê. Eerstens sal ons moet kyk na beide kante van die argument.

Gestel ons dink terug aan die Voortrekkerkindertjies wie se koppies teen wawiele verbrysel is, is dit regverdigbaar om te sê die wesens verantwoordelik vir daardie barbarisme moes vrek? Of as ons kyk na die donker prentjie van onskuldige Boervroue- en kinders wat soos diere vermoor is in die Britse Helkampe tydens die Anglo-Boereoorlog, kan ons sê die skuldiges moet vrek? In beide voorbeelde het ons mense soos diere gesterf, aangesien ‘n dier nie sterf nie maar vrek, is dit selfs moontlik om te sê ons mense het soos diere gevrek. Die wyse waarop hierdie mense dood is, is geensins eerbare maniere waarop ons die lewe laat nie. Kyk ons dan hier na ‘n geval van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand?

Aan die anderkant van die spektrum kry ons vir Kitchener wat myns insiens grootliks te blameer is vir die haglike omstandighede waaronder onskuldige moeders en kinders gesterf het. Sy familie sou verseker gesê het dat hy gesterf het – as hul Afrikaanssprekend was. Die Ingelse maak dinge egter makliker deur te sê: “He died”. Of iemand nou vrek of sterf is irrelevant want hy is net dood.

Met bogemelde gedagtes vars in die geheue wil ek die volgende vraag stel. Indien die wêreld se god, Mandela, sou doodgaan, klassifiseer regdenkendes daardie dood as sterf of vrek? Die einde van hierdie “ikoon” sal sekerlik verskillend uitgedruk word afhangende van die kant van die heining waar jy jouself bevind. Hierdie einste mensgemaakte afgod is saam met sy trawante(wit en swart)verantwoordelik vir ongekende pyn en lyding. Om te lees van ‘n baba wat verwurg is, of ‘n vrou wat verkrag is, of ‘n man wat gemartel is, kan en sal nooit die ware pyn en lyding van die slagoffers of hul naasbestaandes kan beskryf nie. Dan vra ek weer. Is dit regverdigbaar as ons sou sê die skuldiges moet vrek?

Neelsie gaan julle hiermee laat, ek sê nie dit of dat nie, maar stel bloot hierdie spesifieke onderwerp onder die vergrootglas. ‘n Vriend van my het altyd gesê(verskoon die Ingels!): “Come in peace, leave in pieces.” Het hy bedoel die booswig gaan vrek of sterf? Besluit gerus self…

Boeregroete,
Kordaat Neelsie