Eerlike Noorweegse tieners


Oslo – Twee Noorweegse tieners het sowat R730,000 in ’n tas gevind op ’n passasierstrein tussen Oslo en ’n dorp suid daarvandaan.

’n Redelik bejaarde passasier het die tas op ‘n trein vergeet.

Die twee tieners het die geld in die tas gevind wat op ‘n trein gelos is.

Een tiener vertel dat hy die tas ontdek het, en opgemaak het om te sien wat dit is, het hy net geldnote gesien. Hy wou dadelik die polisie in kennis stel, maar by nadere ondersoek het hy die eienaar se paspoort in die tas gevind.

Dit behoort aan ‘n man in sy sewentigs. Hy is gekontak en het die volgende dag die tas met geld by die polisie afgehaal.

Dit is nie bekend of die twee eerlike tieners vergoed is nie.