Duikboot eers oor ’n jaar operasioneel


’n Battery vir die duikboot SAS Manthatisi is steeds nie herstel of vervang nie. Die boot is nou reeds ses jaar lank in die droogdok en lê daar in onbruik.

Dié duikboot is een van drie wat Suid-Afrika aangekoop het teen ’n koste van R1,65 miljard elk.

Die oorspronklike batterye in die duikbote was defektief en die vervaardiger het miljoene Rand as vergoeding aan die regering terug betaal.

Na verwagting sal die duikboot weer in gebruik geneem word oor 12 maande. Die koste vir die herstel van die boot sal nagenoeg R230 miljoen beloop