Dubai polisie beweeg vinnig


Die polisie in Dubai het hulle luukse motorvloot met ‘n nuwe Farrari FF aangevul. Die spoggirige voertuig kos ongeveer R2,7-miljoen, wat heelwat goedkoper is as hulle Lamborgini van meer as R5-miljoen.

Daar is soveel geld in omloop in Dubai en persone wat met ‘n duur sportmotor soos ‘n Farrari ry is eerder die reel as die uitsondering. Om iemand te vang wat in sy motor wegjaag word daar self ‘n blitsige voertuig benodig. Die Farrari FF het ‘n topspoed van 335 km per uur en versnel van 0 na 100 km in 3,7 sekondes.