Drie eeue oue olifanttand gesteel


In Parys, Frankryk is ’n jong man gevange geneem nadat hy ’n olifanttand gesteel het in ’n museum deur dit met ’n kettingsaag af te saag.

Die klank van die kettingsaag het die geslote museum se alarmstelsel laat afgaan waarop die polisie gereageer het. Die man is kort daarna naby die natuurlike geskiedenis museum met die ivoor tand aangekeer.

’n Woordvoerder sê dat beamptes van die museum weer die tand sal monteer aan die geraamte van die olifant.

Die dier het aan die Franse koning Louis XIV, behoort wat oorlede is in 1715.