Drie boewe verloor teen oud-kolonel


’n Afgetrede vlieënier en oud-kolonel van die Lugmag, wat verkies om anoniem te bly, het ’n geveg aangesit teen drie skurke wat sy huis beroof het.

Die 73 jarige oud-kolonel het ’n swart aanvaller doodgeskiet en twee ander wat saam was, met geweerskote verwilder.

Hy was besig om die swembad skoon te maak toe die drie swartes die huis ingekom het waar sy vrou slaap. Hulle het ’n klomp goed weggedra voor hy agter gekom het daar is beweging.

Hy sê mense veg nie ’n grensoorlog nie, maar voer ’n oorlog by hulle huise.

Een van hulle het hom buite oorrompel en na die slaapkamer geneem waar se vrou geslaap het. Op die regte oomblik het hy sy geweer gegryp, oorgehaal en een van die vlugtende swartes dood geskiet.
Hulle het drie TV’s, die vrou se trou- en verloofring gesteel asook ’n kamera.