Doodgeskiet by sy kafee


Die alombekende kafee eienaar in Belfast, mnr. Wilky Walkinshaw is verlede Donderdagaand voor sy kafee doodgeskiet.

Mnr. Walkinshaw is kort ná 8 uur die aand saam met sy vrou uit die kafee.

Kort nadat hy die kafee gesluit het om huiswaarts te keer, is hy deur twee terroriste doodgeskiet.

Sy vrou, Tina sê hy was feitlik onmiddellik dood. Twee swart moordenaars word gesoek.

’n Woordvoerder van Volksmoord-Projek 2010 het aan Die Vryburger gesê dit is tragies om te verneem dat mense nêrens meer veilig kan voel in Suid-Afrika nie.