Diewe kry borgtog


Drie diewe wat blykbaar miljoene gesteel het en nog baie meer wou steel, is borgtog toegestaan van R15,000 elk.

Die boewe het in die Secunda-landdroshof verskyn, het ’n woordvoerder van die Valke gesê.

Charles Mabe, Bonga Sithole en Sikhakhane Sibeko is op 25 Maart in hegtenis geneem.

Die vierde man, Sihle Mabuya, ‘n munisipale IT-tegnikus, is reeds vrygelaat op borgtog van R15 000.

Die vier het na bewering sekere wagwoorde gebruik om toegang tot munisipale rekeninge te verkry. Daarna het hulle geld na hul persoonlike rekeninge oorgeplaas.

Die skelms het ongeveer R2,6 miljoen elk onttrek, en was op die punt om nog sowat R40 miljoen te onttrek toe hulle betrap is.