Dief doodgeskiet


‘n Dief van 21 jaar oud is Dinsdag in ‘n veld naby Atterburyweg in Pretoria doodgeskiet, warskynlik deur ‘n 25-jarige man.

Hy het sy meisie se geroofde iPad se sein na die veld toe nagespeur en die dief betrap.

Dit volg na die dame die oggend in Garsfonteinweg besteel is deur n grypdief.

Sy het haar kêrel gebel, wat die iPad nagespeur het, het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder gesê.

Die man het blykbaar ‘n hele aantal waarskuwingskote in die veld afgevuur.

Polisie wat by ‘n nabygeleë vulstasie was, het dit opgevolg en die skietery gestop.

Die polisie het die dief aangetref met ‘n skietwond in die kop en die gesteelde goedere by hom gevind.

Die jongman word nou aangekla vir moord.