Die Ystervrou van Brittanje is oorlede


Barones Margaret Thatcher, voormalige premier van Brittanje, het in haar slaap stil heengegaan.

Sy was 87 jaar oud.

Sy is in haar slaap dood weens ‘n beroerte, het haar kinders, Mark en Carol, in ‘n verklaring gesê.

Die koningin het ook met jammerte verneem van barones Thatcher se dood”, het ’n Buckingham-paleis verklaring gelui.

“Ek glo sy het die land gered, sy het ons ekonomie hervorm. Sy sal in die geskiedenisboeke opgeteken word as een van Brittanje se heel beste premiers ooit,” het Michael Howard, voormalige leier van die Konserwatiewe Party gesê.

Barones Thatcher was Brittanje se premier sedert 1979 tot 1990 en sal onthou word vir haar oorwinning teen die vakbonde van Brittanje.
.