Die tollenaars is op jou!


Die e-tol in Sentraal Transvaal skop binne die volgende twee maande af.

Die feit het ’n skokgolf deur die provinsie veroorsaak nadat Sanral dit bekend gemaak het.

Die aktivering word afgewag, hangende die parlementêre proses wat voltooi word.

Wetgewing moet finaal afgehandel word en dan sal die Minister van Vervoer, Ben Martins, die tariewe bekend maak. Die implementering behoort binne twee maande plaas te vind.

Bewerings doen die rondte dat byna 600 000 mense al e-skyfies gekoop het.