Die President praat oor verkragting


Die afgelope naweek het president Zuma vertel hoe daar voorheen met verkragters gewerk is. Hy het ’n toespraak gehou tydens ’n Zoeloe byeenkoms in Natal.

Hy het gesê dat aanvalle op vroue skandalig is en in die ou dae baie erger gestraf gewees het.

“In daardie dae is vroue gerespekteer maar vandag is dit egter nie vreemd om te hoor van ’n man wat homself aan ’n vrou opgedwing het nie en dit is ’n man sonder enige skaamte”, het hy gesê.

Hy het voortgegaan: “In die dae van Shaka sou ons met ’n spies afgereken het met mense wat sulke dinge doen. Maar omdat ons nou beskaafd is, sê ons so ’n persoon is ’n verdagte, al het ons gesien hoe die man dit doen.”

Hy het ook verwys na die swak maniere en ’n gebrek aan respek van die jeug.