Die onreg teen Clive Derby-Lewis duur voort


‘n Aansoek om mediese parool vir die veroordeelde mnr. Clive Derby-Lewis is geweier.

’n Sogenaamde mediese adviesraad het blykbaar besluit om nie toestemming te gee dat die 77-jarige Derby-Lewis weens mediese redes op parool vrygelaat kan word nie.

James Smalberger, hoof-adjunkkommissaris van Korrektiewe Dienste, sê Derby-Lewis is oor die besluit ingelig en dat hy later weer aansoek kan doen.

Mnr. Derby-Lewis het reeds jare gelede gekwalifiseer om op parool vrygelaat te word. Die ongewone ding om hom nie vry te laat nie, is gedoen deur familie van die vermoorde Chris Hani mede seggenskap te gee oor die besluite wat geneem moet word in die verband.

Waarnemers sê dat mnr. Derby-Lewis waarskynlik eers vrygelaat sal word die dag wanneer sy termyn verstryk het aangesien die ANC/SAKP se haatdraendheid nie geblus kan word nie.