Die Mandela-miljoene skatkis


Nelson Mandela se miljoene Rand het ook neerslag gevind in die onmiddellike nasate wat nou almal in Suid-Afrika se rykman-woonbuurte bly en belange het in ’n baie groot klomp maatskappye.
Te midde hiervan is dit onmoontlik om die totale omvang van sy rykdom, en dié van die familie te bepaal.

’n Netwerk van Trust-strukture en ’n te kort aan openbare dokumente bemoeilik die saak om inligting te bekom.

Die Mandela kleindogters Zaziwe en Zamaswazi Dlamini wat ’n program op TV het en ’n Mandela-klerereeks begin het, is van die maklikste ondernemings om te identifiseer. Die kleinseun Zondwa Mandela se betrokkenheid, saam met Khulubuse Zuma, in die omstrede Aurora-myn saak waar groot bedrae aan likwidateurs en direkteure betaal is terwyl die mynwerkers honger moes ly is deel van al die ondernemings wat besit word.
.
In totaal kon sowat 200 maatskappye identifiseer word wat deel uitmaak van die Mandela familie se eiendom. Die eiendomme strek oor ’n wye reeks ondernemings, wat wissel van mode ontwerpers tot spoor-ingenieurswese en mediese firmas.

Die kinders en kleinkinders is by meer as ’n 100 van hierdie maatskappye betrokke.
Al die skatte word in minstens 24 trusts gehou.
Almal woon in super luukse wonings, wat wissel van R4 miljoen tot R12 miljoen

Mandela se oudste dogter is direkteur van 16 maatskappye waarvan een die Suid-Afrikaanse filiaal van Nestle, Switserland is.