“Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hul dade. Omdat hulle nie let op die dade van die Here of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie” -Ps. 28:4-5
In die Psalms vind ons telkens hierdie tipe gebede. Gebede wat staan op die regverdigheid van God, wat staatmaak op die straf wat die goddelose en boosdoeners verdien. Gebede wat in die humanistiese wêreld en in talle mensgesentreerde kerke geïgnoreer word.
Die Woord is egter duidelik hieroor dat as bose mense, rowers, verkragters, martelbendes en moordenaars nie deur die Gees tot bekering gebring word in Jesus Christus en Hy so hul straf op Homself neem nie, hulle onder die toorn en straf van God staan. Hulle sal vergeld word vir hul dade.
Ek wil so ver gaan as om te se dat Jesus se bloed-offer van so ‘n heilige aard is, dat Hy in sy regverdigheid dit nie tot beskikking stel aan boosdoeners nie. Ek mag verkeerd wees, maar volgens Eksodus 23:7 sal Hy NIE die boosdoeners regverdig verklaar nie. Dit wil blyk dat sommiges verdoem is weens hulle aard. In Matt. 26:28 For this is my blood of the new testament, which is shed for many for the remission of sins. Let wel, ‘for MANY’ en nie ‘for all’ nie.