Derduisende polisiebeamptes geskors


Meer as 10,000 polisiebeamptes het skorsing ondergaan in die tydperk April 2012 tot Februarie 2013.

Die groot aantal beamptes se skorsing het die staat vir die betrokke tydperk meer as R8 miljoen gekos aan vergoeding sonder om diens te lewer.

Hierdie toedrag van sake het gerealiseer te midde van die versekering wat Nathi Mthethwa, Minister van Polisie gegee het dat die probleem aangespreek en reggestel sal word.

Mthethwa het na aanleiding van ’n vraag gesê 9,835 polisiebeamptes is met volle betaling geskors en 4,567 sonder enige betaling.

’n Voormalige polisie bevelvoerder het gesê die aantal skorsings dui op ’n polisiemag wat ongedissiplineerd en onbetroubaar is.