Departement en Skole ignoreer wetgewing


Minstens 84 skole in die land het geen wiskunde vir graad 10, 11 en 12 aangebied gedurende 2012 nie.
Die skokkende feit is bekend gemaak deur Suid-Afrika se Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Die SAIRV het gesê dit is as gevolg van ‘n tekort aan gekwalifiseerde onderwysers wat wiskunde kan aanbied.

’n Woordvoerder oor opvoedkunde het aan Die Vryburger gesê dit is ’n gruwelike miskenning van die Wet op basiese onderwys.

Ingevolge die Wet, moet alle skole Wiskunde as vak aanbied, het hy gesê.

Volgens die woordvoerder is dit duidelik dat dit swart skole is wat hiermee wegkom want die owerheid sal baie gou toeslaan op ’n CVO-skool as hulle die wet op so ’n wyse oortree. Die Departement van Nasionale Onderwys is dus self ’n oortreder van die Wet.