Danseres eis R300,000 van polisie


’n Voormalige dansinstrukteur dagvaar die Minister van Polisie, ’n polisiekolonel en die direkteur van Openbare Vervolging (DOV) vir R300,000 nadat haar waardigheid deur ’n beweerde onregmatige arrestasie en aanhouding geskend is.

Oksana Vasylenko, oorspronklik van die Oekraïne is op 31 Maart 2011 weens die moord op haar vriendin, gearresteer. Sy het die vriendin in November 2010 as vermis aangemeld en is vier dae lank in aanhouding gewees as ’n verdagte.

Die aanklagte is in Januarie 2012 teen haar teruggetrek