Cosatu – vyand Nommer een


Cosatu is die land se grootste vyandten opsigte van die benutting van geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping, sê dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer by PricewaterhouseCoopers.

Volgens hom is dit die verantwoordelikheid van mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, en mnr. Trevor Manuel, Minister verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, om hulle duidelik uit te spreek oor die arbeidsmarkregulasies wat nodig is om werkskepping te bevorder.

Hy sê Cosatu verwerp die wysigings en kniehalter buitelandse beleggers en ondergrawe die beginsels van werkskepping wat daarop neerkom dat dit ’n daad van sabotasie kan wees.

“Werkgewers wag al langer as ’n dekade op die Regering om werkgeleenthede te vergemaklik. Hopelik sal Manuel en Gordhan die Kabinet binnekort oortuig dat die naelstring tussen die staat en Cosatu geknip moet word,” sê Botha.