Cosatu blameer apartheid


Sdumo Dlamini, die president van Cosatu, sê strukturele tekortkominge in die onderwysstelsel moet dringend opgelos word.

Hy het aan joernaliste tydens ‘n Sadtu-protes in Pretoria dié vakverbond ondersteun. Cosatu wil ook dat Angie Motshekga, en haar direkteur-generaal bedank.

“Dié staking is omdat Sadtu meen die onderwysstelsel in hierdie land baie regstelling nodig.. Ons moet werk aan die modder skole in die landelike gebiede en die lae lone. Dis ‘n strukturele apartheid stelsel wat steeds in die onderwys bestaan. Dit het die Afrika-kind na die periferie geskuif,” het hy gesê.