BP belê groot in S.A.


Die olie en gas reus, Brittish Petroleum (BP), met sy hoofkantoor in London, het aangekondig dat hulle ongeveer R4,7-miljard in Suid-Afrika en R800-miljoen in Mosambiek gaan investeer. BP se uitvoerende hoof, Iain Conn, bekend gemaak dat die investering benewens uitbreiding ook opgradering van infrastruktuur sal insluit. Hy het ook gesê: “Ons vind die vooruitgang bemoedigend wat in Suid-Afrika en Mosambiek gemaak word om ‘n omgewing van sekerheid oor beleid en kontinuïteit vir alle ekonomiese aktiwiteite te skep”.

BP is al meer as 80 jaar in Suid-Afrika betrokke en verwerk ru-olie by sy 50% belang in S.A. Petroleum Refinary (Sapref) in Reunion sowat 16 Km suid van Durban, waar R2,5-miljoen in opgradering belê sal word. BP het ongeveer 1300 persone in diens, uitgesluit Sapref. Die maatskappy is die derde grootste in Suid-Afrika en in die wêreld en het meer as 500 vulstasies in S.A. BP is die tweede grootste petroleum maatskappy in Mosambiek met 52 vulstasies en voorsien al die land se internasionale vlugte van brandstof.

William Knox D’Arcy, het die maatskappy in 1909 gevestig onder die naam Anglo-Persian Oil Company na die verkryging van ontginningsregte in Iran. Die pertroleumreus produseer tans ongeveer 3,3-miljoen vate ru-olie per dag en is benewens brandstof en gas lewering ook betrokke by biobrandstof en windenergie.

BP was in onlangse tye al by verskeie groot omgewingsbesoedeling- en veiligheidinsidente betrokke, waaronder Texas City Refinary ontplffing in 2005 waarin 15 persone die lewe gelaat het. In 2006 was daar ‘n rekord boete betaal weens die Prudhoe Bay olielekkasie in Alaska en in 2010 die grootste ru-olie see-lekkasie in die wêreld by Deepwater Horizon.