Boston bomme is ontleed


Amerikaanse wapen ontleders het bevind dat die twee bomme wat 15 sekondes ná mekaar ontplof het tydens die Boston-maraton, wat die lewe van drie mense geëis het en meer as ’n 140 mense beseer het, met ’n verskeidenheid voorwerpe soos metaal balletjies en verskillende soorte gelaai was.

Dr. George Velmahos, hoof van die trauma-eenheid by die Massachusetts-hospitaal, het dit bekend gemaak.

Na berig word is 17 mense nog steeds in ’n kritieke toestand. Hiervan is daar vier mense wat ledemate verloor het.

Die grootste deel van die 23000 deelnemers was reeds klaar met die wedloop toe die ontploffings verwoesting gesaai het.