Boer sterf na twee maande weens terroriste aanval


Mnr. Gert van Wyk, ’n boer van Bapsfontein het op 28 Januarie ’n plaasaanval oorleef. Sy plaasbestuurder, mnr. Fouche, is tydens die terroriste aanval doodgeskiet.

Mnr. Van Wyk het na twee maande van swaarkry in die hospitaal, op 1 April 2013 die stryd gewonne gegee. Hy is in die hospitaal oorlede.

Die aanval spruit uit ’n voorval toe gewapende terroriste hom genader het onder die voorwentsel dat hulle mielies wil koop. Kort hierna is sy plaasbestuurder noodlottig gewond, daarna is mnr. Van Wyk in sy rug swaar gewond en sy vrou wat die kantoortjie bestuur het, is van al die geld en selfoon beroof.

Dit is nie bekend of enige van die terroriste al opgespoor is nie.