Boeing 787 vlieg weer


Na vele maande op die grond het die eerste Dreamliner, Boeing 787, weer die lug betree met passasiers. Hulle eerste vlug was na Ethiopië.

Die Litium batttery se probleem wat veroorsaak is met oorverhitting kon steeds nie vasgestel word nie, maar die probleem is oorkom deur die battery ‘n dubelle laag staalomhulsel te sit wat brandwerend is. Boeieng se bestuur het verklaar dat hulle gemaklik voel met die veiligheid van die vliegtuig en dat hulle en hulle gesinne ter enige tyd daarin sal vlieg.

Japan is ‘n bietjie meer huiwerig en het besluit om met toetse voort te gaan tot in Junie voordat hulle met die Dreamliners in hulle twee groot lugrederye weer pasassiersvlugte sal hervat.

Boeing het groot inkomste skade gely met sy nuwe luukse passasiers vliegtuig met sy Litium batterye wat verkope benadeel het en die reeds verkoopte vliegtuie op die grond gehou het.