Boef slaan joernalis in hofsaal


’n Voormalige polisiebeampte, Joseph Nyalunga, is blykbaardie vermeende baasbrein van ’n renosterstroopsindikaat wat homself nou nog ’ieper in die moeilikheid laat beland het deur ’n verslaggewer te slaan..

Tydens sy hofverskyning in Middelburg, waar hy saam met 12 ander verdagtes verskeie aanklagte soos stropery en diefstal teregstaan, het ’n verslaggewer in die hof aangerand terwyl sy besig was om foto’s te neem van die verdagtes.

Jana Boshoff van die Middelburg Observer sê dat Nyalunga haar in die gesig geslaan het met papiere in sy linkerhand en oomblikke later het hy met sy regterhand na haar geklap, maar sy het weggeduik.

Nyalunga wou haar kamera gryp, maar haar kollega het op hom geskree om haar te los. Jana gaan nie ’n klag van aanranding teen Nyalunga indien nie.
’n Oud polisiebeampte sê dit is kommerwekkend as gekyk word na die aantal polisiebeamptes wat hulle met onwettighede besig hou, en wanneer hulle ontslaan word, dan nog steeds voortgaan met onwettige praktyke.