Bloemfontein se nuutste restaurant


Bloemfontein gaan eersdaags spog met ’n restaurant, bo-op ’n koppie geleë, binne in ’n BOEING 737 se 35 ton romp.

Dié volledige Boeing gaan binnekort ’n eksklusiewe eet- en skemerkelk-restaurant word nadat dit deur deskundiges omskep sal word.

Buks Westraad, eienaar van die Emoya-landgoed waar dié vliegtuig gaan staan, vertel dat dié nuwe konsep beslis ’n eerste sal wees vir Suid-Afrika.

Alles het moontlik geword na meer as ’n jaar se onderhandelings.

Die vliegtuig is per pad vanaf Lanseria vervoer. Die permitte om die gevaarte te vervoer, was die grootste kopseer vir die eienaars.