Blinde toe nie blind


In Johannesburg is ’n jong dame deur ‘n “blinde” vrou en twee medepligtiges beroof.

Die medepligtiges het die 25-jarige vrou in die middestad gevra om hul blinde vriendin te help om die straat oor te steek.

’n Ander een het egter gewaarsku dat hulle haar gaan beroof en dat sy haar besittings moet nagaan.

Sy het haar beursie oopgemaak maar ’n verdagte het dit gegryp en weggehardloop. Die beweerde blinde vrou en die ander man het intussen haar trouring van haar vinger gesteel en daarna in verskillende rigtings weggehardloop.

Albei is later in hegtenis geneem toe hulle in ’n kroeg gesit en drink het.

’n Voormalige polisiebeampte, met jare lange ervaring, het gesê die publiek moet onder geen omstandighede gemoeid raak met enige volksvreemde wat met een of ander skema na hulle kom nie. Dit sluit blindes en ke=reupeles in. Dit is gewoonlik skelms wat ’n nuwe slenter of skema het.