Bioloë gaan oer-vis probeer opspoor


Franse en Suid-Afrikaanse bioloë gaan probeer om die selakant op te spoor in ondersese grotte in die Indiese Oseaan.

Die Gombessa-ekspedisie, wat vernoem is na Frankryk se term vir die selakant, sal vanaf 5 April tot 15 Mei hul duikwerk doen. Duikers sal ook die Jesser Canyon naby Sodwana besoek. Die vermoede bestaan dat skaars soorte en selfs onbekende soorte vis aldaar gevind kan word.

Wetenskaplikes beweer dat ‘n skedel wat in April 2012 deur Chinese paleontoloë beskryf is, moontlik van die eerste selakante is wat terug dateer na 375 miljoen jaar gelede.

Die vissoort het glo 65 miljoen jaar gelede uitgesterf maar een is in 1938 naby Suid-Afrika gevang.
Die grys-bruin vis kan tot 2 m lank word en weeg soveel as 90 kg. Weinig vêrdere inligting is beskikbaar oor die besonderse vis.