Betaal die regering vir onrus teen landbouers?


’n Organisasie, die Black Association of Wine and Spirit Industry, wat ’n leidende rol in die onlangse landbou-onrus in die Boland gespeel het, gaan in die volgende 24 maande meer as R4miljoen van die regering ontvang.

Van dié geld is reeds ontvang, en dit is bevestig deur Nosey Pieterse, die voorsitter van die swart beweging.
Die geld word glo gebruik om onder meer programme aan te bied oor arbeidswette en hul regte, om ook vir mediese onkoste en regskoste te betaal van sowat 500 mense wat tydens die oproerige staking aangekeer is.

Musiekinstrumente is ook aangekoop om hulle te leer om selfversorgend te raak deur musiek optredes.

Waarnemers meen dit is ’n vorm van vergoeding wat deur die staat betaal word om oproer en onrus te veroorsaak in die landbou bedryf.