Berlyn byna tot stilstand geruk


Trein pendelaars in Berlyn was gewaarsku dat treine vertraag kan word nadat ’n bom uit die Tweede Wereldoorlog op ’n bouperseel gevind is.

Die perseel waar die bouwerk gedoen word, is naby die hoof stasie waar duisende mense bymekaar kom om van treinvervoer gebruik te maak.

’n Polisiewoordvoerder, Thomas Neuendorf, het genoem dat die bom wat ongeveer 100 kg weeg, gevind is waar bouwerk gedoen word.

Deskundiges sou besluit het hoe om van die bom ontslae te raak. ’n Woordvoerder het gesê die bom moet vinnig ontlont word sodat werksaamhede voortgesit kan word en die treindienste kan voortgaan met hulle werk.

Die Geallieerde Magte het tydens die Tweede Wêreldoorlog baie bomme in Duitsland laat val wat nooit ontplof het nie. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan swak vakmanskap en vervaardiging weens die massas wat in fabrieke gemaak is.

Duitse deskundiges is al goed geskool daarin om die bomme onskadelik te maak, het een woordvoerder gesê.