Bedrog en nogmaals bedrog


In Durban is verskeie tenders van sowat R455 miljoen aan sakevrou Shawn Mpisane toegeken. Dit is gedoen kragtens omstrede wetgewing wat die stad toelaat om normale tender prosedures te ignoreer, berig The Mercury .

Blykbaar is drie kontrakte wat verband hou met die Umlazi-bouprojek tussen Julie en Maart aan Mpisane se maatskappy, Zikhulise Cleaning, Maintenance, and Transport, toegeken.

Krish Kumar, tesourier vir die munisipaliteit, sê die kontrakte is toegeken ingevolge ‘n skikkingsooreenkoms ná ‘n geskil tussen Zikhulise en die stad.

Mpisane het haar vroeër tot die hof gewend ná sy beweer het die stad vertraag die projek met opset. Die stad wil volgens haar, nie sake doen met haar nie omdat sy voorheen veroordeel is vir bedrog.

Mpisane is in 2005 skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met bedrog.