Bedreigde wild gaan beter beskerm word


Geskiedenis is die Noord-Kaapse en Vrystaat se wildbedryf gemaak. Twee groot wild- en jagreservate is in ’n nuwe multimiljoen Rands vennootskap bymekaar gebring om bedreigde wildsoorte vir kommersiële doeleindes te teel.

Mnre. Wiaan van der Linde en Hennie Gous van Wintershoek Wild het ’n ooreenkoms met mnr. Jaco Troskie van die Unyati-wildreservaat (Mimosa-groep) aangegaan om ’n volhoubare wildbedryf te ondersteun.

Wintershoek is 70km buite Kimberley en is ’n bekende handelsmerk in die Noord-Kaapse wildbedryf terwyl Unyati se wildplase tussen Warrenton en Boshof in die Vrystaat geleë is.

Troskie het verlede jaar die buffelkoei uit Tanzania, saam met haar kalf in ’n Noordwes veiling gekoop vir R20miljoen. Dit vorm del van sy belegging van nagenoeg R65 miljoen in die wildbedryf wat hy op dié spesifieke veiling bestee het.

Waarnemers is van mening dat dit ’n groot hupstoot kan gee aan die wildbedryf se toekoms aangesien stropery ’n ernstige bedreiging geword het.