Barones Margaret te ruste gelê


Van oor die ganse wereld het politici, bekendes, vriende en familie ‘n seremoniële begrafnis vir Barones Margaret Thatcher bygewoon.

Die voormalige premier van Brittanje se roudiens is vanuit die St. Paulus-katedraal waargeneem.

Koningin Elizabeth was onder die sowat 2,300 mense wat die begrafnis bygewoon het.
Dit is die eerste keer wat die monarg ‘n voormalige premier se begrafnis bygewoon het sedert Winston Churchill se staatsbegrafnis in 1965.

Brittanje se eerste, en tot hede, die enigste vroulike premier, het ‘n militêre begrafnis ontvang. Haar kis is op ‘n perdekar wat deur ses swart perde getrek is, na die St. Paulus-katedraal geneem.

Barones Magaret sal nog lank onthou word vir haar ferm en kragdadige bestuurstyl. Vakbonde juig oor haar heengaan want sy het Brittanje gered van totale vakbond oorheersing.

Die vakbondwese is tot hede geknak in Brittanje, danksy die sterk optrede van die eens geliefde premier van haar land.