Bankrot Weermag tref noodmaatreëls


Die lugmag se jare lange trots, die Silwer Valke, is die jongste slagoffer van die nypende tekorte in die SANW.

Die Silwer Valke se jaarprogram is drasties ingekort weens die feit dat die Weermag steeds sukkel om binne sy begroting te bly.

Die bekwame vlieëniers sal gedwee moet toesien dat al hul lugvertonings vir 2013 gekanselleer word.

Weermag kenners meen dit is regverdig om te vra of die meer as R300miljoen se vermorsing op vlugte na die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nie vermy kon gewees het nie. Dit sou die Weermag meer ruimte gegee het om binne die begroting te bly, word gesê.

Die indruk word geskep dat die Weermag ’n kreeftegang gaan en derhalwe nie ’n bevredigende slaankrag openbaar nie.