Bangui rebelle maak gekke van SANW


Die rebelle van Sentraal Afrika Republiek is besig om gekke te maak van die Suid-Afrikaanse Weermag en die soldate wat aldaar veronderstel is om vrede te help bevorder.

Die rebelle in Bangui, wat die bewind met ’n staatsgreep oorgeneem het, ry nou rond in voertuie van die Suid-Afrikaanse Weermag.

‘n Aantal swaar gewapende rebelle het ondermeer met ’n Toyota Landcruiser met die Suid-Afrikaanse vlag daarop, in die hoofstad rond gery.

‘n Ooggetuie beweer dat ’n masjiengeweer op die dak van die voertuig aangebring is.

Volgens bronne wat anoniem bly, is verskeie ander Suid-Afrikaanse weermag voertuie in rebelle se besit gesien.

Pres. Jacob Zuma het blykbaar gesê die soldate is in die SAR as deel van ‘n militêre ooreenkoms wat in 2007 onderteken is. Dié ooreenkoms is in Desember verlede jaar vir nóg vyf jaar hernu.

Waarnemers sê dit is duidelik wat die rebelle van pres. Zuma en die sogenaamde ooreenkoms dink.