Baba vir aanneming geadverteer


Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het blykbaar beamptes aangestel om monitering van webwerwe met geklassifiseerde advertensies te doen.

Dit het glo nodig geword nadat ’n swart vrou wat swanger is, haar ongebore baba op die webwerf Gumtree vir aanneming aangebied het.

Die advertensie is op 17 April geplaas deur ‘n swanger vrou van Kuilsrivier in Kaapstad.

Sy het haarself beskryf as ‘’n pragtige swart vrou” en het belangstellendes gevra om ‘n selfoonnommer te skakel.

Die advertensie was egter Dinsdagoggend nie meer te vind nie.