Arno Jordaan in motorongeluk beseer


Die bekende sanger, Arno Jordaan, het x-strale in die hospitaal laat neem na hy in ’n motorongeluk was.

Hy het nie ernstige beserings opgedoen nie maar het seker gemaak dat alles wel is deur die nodige ondersoeke te laat doen.

“Arno was wel in ‘n ongeluk maar hy is gelukkig nie ernstig beseer nie,” het sy broer Dewald gesê.

“Sy besering kan vergelyk word met ’n redelike ernstige rugby besering”, het hy gesê.

Blykbaar is die ongeluk veroorsaak deur ’n vragmotor vol gasbottels.