ANC en Landbou minster erg ontstel


’n Verslag van die Parlementêre Navorsingsafdeling minister Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, is vir die ANC totaal onaanvaarbaar.
Die ANC is uiters ontevrede oor die verslag wat nou bekend gemaak is omdat die verslag aandui dat die Departement in “die verkeerde hande” is.

Die verslag is bekend gemaak voor die Minister by die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye moet verskyn.
Berigte is bekend dat sy in Oktober verlede jaar laas voor die komitee verskyn het met verskonings van siekte en ook werksverpligtinge.
Die kantoor van die ANC se Hoofsweep in die Parlement het hulle gedistansieer van die verslag.
Waarnemers is van mening dat die ANC toenemende druk ontvang oor die onbekwame optrede van die Landbou minister.