Amptenaar verneder 87 jarige blanke


’n Blanke dame, mev. Ria van Straaten (87) is erg verneder toe sy haar maandelikse pensioen gaan haal het by die kantoor waar uitbetalings gedoen word in Newcastle.

Die beampte het haar beveel om eers te sing alvorens sy haar geld kan ontvang.
Die verswakte ou dame het gedink dit is sommer ’n grappie. Sy het egter gou besef sy sal moet gehoor gee toe die swarte ’n mikrofoon aan haar oorhandig. Sy moes iets sing wat oor die interkom stelsel uitbasuin is terwyl die personeel geskater het van die lag.

Die ou dame weet nie wie die persoon is nie, maar sy voel erg verneder en kan nie ’n behoorlike klag lê as sy nie die persoon se naam ken nie.
Sy is getraumatiseer en is nou bang om volgende keer weer te gaan om haar R1,200 te gaan haal.

Die Vryburger sal dit waardeer indien iemand in daardie omgewing mev. Van Straaten se kontak besonderhede kan verskaf. (Red)