Amper word “dooie” vrou skatryk


‘n Vrou van Kaapstad, Hannelie Nel is vier jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar dood vervals het. Dit sou haar ’n lewensversekeringspolis van R3,6 miljoen in die sak kon bring.

Volgens berigte sal sy slegs agt maande van die vonnis uitdien volgens bepalings van die Strafproseswet.

Die hof het gehoor dat sy op 15 September 2009 ‘n verskeringpolis by Liberty Life uitgeneem het en die dekking die jaar daarna meer as verdubbel het.

Sy het ene Doretha Kotzé gelys as haar begunstigde. Nel het Charlene van Graan, wat by Avbob gewerk het, oortuig om ‘n doodsertifikaat uit te reik teen omkoop bedrag van R100,000.

Personeel van Liberty Life het blykbaar gesien dat die plek waar Nel “dood” is nie dieselfde is op al die dokumente nie.

Die polisie is toe ingeroep en hulle het vasgestel dat Nel nog lewend is.

Van Graan is ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê.