Afrigter sterf in fratsongeluk


’n Olifant se leermeester en afrigter van Elephant Sanctuary naby Hartbeespoortdam is in ’n fratsongeluk doodgetrap.

’n Woordvoerder van Elephant Sanctuary, mnr. Saunders het gesê dit het gebeur terwyl die diere vir hul daaglikse oefenprogram besig was.

Die hanteerder was ervare met olifante en sy naam word terug gehou tot die familie in kennis gestel is.

Hulle was besig met hul gewone oefeninge en hy was op die een olifant se rug, maar het ongelukkig afgeval. Die twee olifante het speel-speel voortgegaan sonder om te besef dat een die afrigter raak getrap het.

Die Medical Response-nooddiens is dadelik ontbied wat binne minute op die toneel was. Dit was ongelukkig te laat.