Zim wantrou SA vleisprodukte


Berigte uit Zimbabwe lui dat dié land gaan begin om DNS-toetse te doen op vleis wat uit Suid-Afrika ingevoer is.

Dié aankondiging volg op gebeure die afgelope weke oor bestanddele wat in vleisprodukte voorkom wat uit Suid-Afrika afkomstig is.

Die Standard-koerant in Harare het glo berig dat Zimbabwe strenger maatreëls by grensposte getref het om seker te maak dat ongekontroleerde vleisprodukte nie dié land onwettige ingesmokkel word nie.

Zimbabwe se nuwe regulasies vereis blykbaar dat voedsel-inspekteurs na Suid-Afrika gestuur sal word voordat enige vleisprodukte ingevoer kan word.

Waarnemers vind dit ironies dat Suid-Afrika deesdae in die spervuur is oor voedsel se gehalte weens die afwesigheid van genoeg gesondheidsinspekteurs.